oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Swannie se Box-en-Dice

'n Wetenskap en Wiskunde onnie was hy op sy dag.

Steeds gefasineer deur syfers, wys hy weer sy slag.

Fibonaci se formules het hom geamuseer

maar dis Pythagoras se teorie wat hom inspireer

Om oppervlakte op sye van reghoekige driehoeke te bereken

Slegs van waarde vir diegene wat verstaan wat dit beteken.

Op 'n dag toe die tyd hom verveel, begin hy met syfers speel.        

maar hy vat dit tot die derde mag _ driedimensioneel.!

Om sy teorie te bewys moet hy modelle bou.

Van Postoastieboks karton begin hy boksies vou.

Een grote met drie kleineres daaraan geheg

akuraat uitgemeet – tot die naaste milimeter reg.

Die drie kleiner bokse se inhoud is gelyk aan

die groot boks sin – dis soos ek dit verstaan!

Miskien is dit effens te eenvoudig gestel

of dalk sit ek die pot heeltemal mis, nouja wel...

 

Meer Postoasties word geëet om die bokse te kry.

Boksies groot en klein in alle vorms word uitgesny.

Nou is daar bokse vol oulike boksies

netjies gevou en geplak met gom en apoksies...

Talle modelle van verskillende groottes kom tot stand

Vierkante, driehoeke, gerond en ovaal – alles hou verband.

Die kleineres uitgestal in die vertoonkas is sy ornamente.

Die grotes pryk bo-op, dis wiskundige monumente..

Die fyn afgeronde kunswerke, geskoei op dieselfde tema,

is gebou op die formule en bewys van Swannie se Teorema!

As jy dalk dink die man is stapel- gek- mal

dink weer en kyk gerus na die sokkerbal

Ses - en vyfkantige lappies aanmekaar gewerk                    

maak 'n perfekte ronde bal – baie taai en sterk.

 

Swannie kan jou ook vertel van die sokkerbal se ontstaan.

Reg geraai, hy koppel sy Teorema ook daaraan!

Selfs die bra het sy beslag in die formule gekry

Dis eenvoudig 'n bal middeldeur gesny.

Nog baie stories kan hy jou vertel as jy tyd het om te luister                                                      

maar daar is iets wat ek vir jou in die oor moet fluister

sommige is waar die ander vat jy met 'n knippie sout.

As hy baie ernstig voorkom moet jy weet, nou is hy stout!

Aan sy Teorema moet jy nie twyfel nie, dit is sy eer

Alles is uit suiwer wiskundige feite geformuleer.

'n Profeet word nie in sy eie tyd of land vereer.

wees nie verbaas as jou nageslag Swannie se Teorema leer!

Lina Swanepoel

Vir Swannie se Teorema, klik hier: http://swannie.webplus.net/

 

 
   
Today, there have been 1 visitors (1 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free