oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Papegaai

Papegaai jy sit in jou hok en niemand laat jou vry.

Telkens kom iemand verby en sê:”praat tog met my”

Jy bly hardnekkig stroef en maak geen geluid.

Sit net in jou hok en staar bedremmeld voor jou uit.

 

Papegaai, jy sit in jou hok en wens jy was tog vry

Ek dink die voël wil eenvoudig stom en dom bly

Hy kan slegs napraat maar bly tog onwillig traag

om te antwoord op mense se menig onnosel vraag

 

Papegaai, jy sit in jou hok en sien ek gaan verby

“Laat my vry , ek moet opstyg en my vlerke sprei

Hierdie beknopte hok is vir my veels te klein”

Niemand luister na jou pleidooi of verstaan jou pyn.

 

Papegaai, aap my na dan sal jy miskien beter voel

Babbel onsin dan is vryheid nie meer jou enigste doel

Of dalk sal 'n groter hok jou die hunkering laat vergeet.

Soms voel ek ook ingehok– wie kan tog vryheid meet?

 

Lina Swanepoel.

 

 

Ns. Gebaseer op die liedjie – Papegei van Peter Cornelius.

 
   
Today, there have been 4 visitors (7 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free