Stringe liggies begroet jou _ ry op ry.
Hier kan feëtjies en kabouters bly, dink jy.
Gaan jy by die hekkie staan en luister,
kan jy jou verbeel jy hoor hulle fluister.
Vinkneste wat uit die moerbeiboom hang
Voëls wat kwetter geen, kat wat hulle vang.
Plante en blomme van alle soorte sal jy kry
Daar's bottels en skottels, blikkies en goeters.
Te veel om te noem en onnoembate katoeters.
Waterfonteintjies wat bruis en nooit stil raak
en natuurlik is daar ook paddas wat kwaak!
Lina Swanepoel