oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Antjie Somers

Antjie Somers jy was stout kinders se bangmaak ding

'n Skrikbewind gevoer, die ongehoorsames tot straf gebring.

Met hekse het jy geheul en komplotte gesmee

en almal wat nie netjies in hul spore trap, hel gegee.

Satan jou bondgenoot – sy vuur help stook

Van Hunk se pyp op Tafelberg gerook.

Jou plesier om die Husse se lang ore te knoop

Almal wat te gelukkig is van hul plesier te stroop.

Jy het mos Daisy de Melcker se gif gesteel

en vir almal wat jou pret bederf uitgedeel.

Die Tokolossie en al die spoke was vir jou bang

want jy kon ook die onsigbare geeste vang.

Liewe Heksie se kat met haar besem doodgrslaan

Toe klim jy daarop en vlieg na die maan!

Lina Swanepoel

 
 
 
 
   
Today, there have been 6 visitors (11 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free