oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Onpaar

                                        ONS VYFTIG GOUE JARE.

                                         Met liefde aan Francois.                 

 

 

Jy sê altyd ons is 'n onpaar paar.

 

Na vele storms nog steeds bymekaar.

Die band wat ons bind dan onbreekbaar?

Hoe anders kon dit hou vir vyftig jaar?

 

 

Die sak sout is al amper opgeëet.

 

Nou word dit spaarsaam afgemeet

sodat dit nog lank smaak kan gee

vir die oudag se wankelrige tree.

 

 

Die drif en drang  van  vroeër het  nou getaan.

 

Berusting en deernis het nou die weg kom baan..

Die sagte kyk in jou oë wat my nie ontgaan

Verseker my dat jy  vir altyd by my sal staan.

 

 

Ek sien die wankel in jou stappie raak

 

en voel vertedering my hart week maak..

Ek weet dat ek ook altyd daar vir jou sal wees

sodat jy saans, in die bed, vir my'n storie kan lees!

 

 

As ons 'n besige straat kruis, vat jy my hand.

 

Lekker loop ons hand aan hand langs die strand.

Jy bederf my elke keer met koffie en wortelkoek.

waar in die wereld sal ek 'n ouliker ou gaan soek?

 

 

As ek in 'n winternag knus agter jou rug aanvly,

 

weet ekvan die  soentjie wat ek op my hand sal kry.

As ek op vreemde plekke, wegdwaal soos 'n stout kind'

kry ek 'n skrobering, die oomblik as jy my weer vind!

 

 

Vir vyftig jaar het jy ons troudatum altyd vergeet.

 

My verjaarsdag soms  ook as ek jou ne laat weet..

Ek het seker gemaak dat jy die goue een sal onthou,

want hierdie dag sou ondenkbaar wees sonder jou!

 

 

Dankie vir die sorg en liefde deur al die jare.

 

Ek weet ek dra die skuld vir al jou grys hare.

Sou jy my nou weer die groot vraag moet vra,

bly my antwoord nog steeds,'n duisend maal JA!                      


Lina Swanepoel

 
   
Today, there have been 14 visitors (18 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free