oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Passiespel in Lady Grey

‘n Engel het die blye boodskap gebring

Maria het tot God ‘n loflied gesing

Maar skaars nog was Jesus gebore

Of koning Herodes kom dit te hore

Sy bose planne het jammerlik gefaal

Jesus sou die hoogste prys eers veel later betaal.

 

 

Ons was getuies toe Johannes Hom doop

Met bondeltjies water en brood het ons saam geloop

Geklee in lang gewade uit Bybeltyd se mode

Saam brood geëet by die vermeerdering van die brode

Met die intog van Jerusalem het Hy op ‘n donkie gery

Hosanna vir Hom wat gekom het om te bevry!

 

 

Die Apostels het aan die tafel saam met Hom gesit

Hy het brood gebreek, Sy liggaam, sag en wit.

Die wyn geskink as ‘n teken van Sy bloed

Dit proe warm op die tong, rooi en soet.

Die heilige sakrament deur Hom ingestel, die nagmaal

Ons te herinner met sy liggaam het Hy ons skuld betaal.

 

 

Vir ‘n handvol silwerstukke het Judas Hom verraai

 Teen sononder het ons hom gekry – aan ‘n tou geswaai

Berou was te laat, hy het Jesus uitverkoop

Beledig, verneder en van alle waardigheid gestroop.

Drie maal word Hy deur Petrus verloon

Vir die Hemelkoning wag slegs ‘n doringkroon.

 

 

In die tuin het Hy gaan bid, die apostels gewaak

 Maar hulle het aan die slaap geraak, was te vaak

In die tuin van Getsemane, bang en alleen

Het Hy bloed gesweet en bitterlik geween.

Die bitter beker het Hom nie verby gegaan

Hy moes die pad na ewige lewe vir ons baan.

 

 

Waar Hy aan die kruis hang het ons aanskou

 ‘n Asynspons om Sy dors te les is na Hom uitgehou

Sy laaste asem uitgeblaas – alles was volbring

Gloria, het die engelekoor tot Sy lof gesing

Met Sy kruisdood het Hy Satan finaal oorwin

Vir ons beteken dit ‘n salige nuwe begin

 

 

Sondag môre was die graf nie meer geseel nie

Christus se liggaam was weg maar nie gesteel nie

Hy verskyn eerste aan Maria wat Hom nie herken

Sy apostels se vertroue moes Hy ook eers wen

Sien is glo, het die ongelowige Tomas oortuig

Halleluja! Het ons saam met die engelekoor gejuig.


Lina Swanepoel

 
   
Today, there have been 5 visitors (8 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free