oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Die Lentebruilof

'n Peerboom oortrek met bloeisels het my dié een laat skryf.

 

Petronella Peer, statig, asemrowend mooi

staan in haar spierwit bruidsgewaad getooi.

Blomperske srooimeisies giggel en bloos

vir die stout grappie van Kosie Appelkoos.

Hulle sorg vir die konfettie vir die strooi

oorvloedig in skakerings van pienk en rooi..

Die blommemeisies, Katryntjie Roosmaryntjie

en met 'n kransie geurige blomme, klein Jasmyntjie.

Bruidegom Septimus Sipres, wil die ritteltit kry.

Tjierts regop, niemand mag sien hoe bang is hy.

Strooijonkers, Ben en Dennis Denne skerts en lag.

Min simpatie kan hy vandag,van dié twee verwag.

Moeder Visteria in sagte pers, sy weet sy lyk goed.

Oordadig met die parfuum bespuit, swaar en soet.

Vader Bloekom, totaal gestres, bewerig en asvaal.

Hy weet dis hy wat vir die hele gelag moet betaal.

Dorie soetdoring, Seppie se ma, sal 'n geelkolrok dra.

Kiepie kipersol, sy pa, dra sy ou kerkpak, min gepla.

Ouma Poppie Popelier sorg dat sy die oog sal vang.

Van kop tot tone met stringe groen kraletjis behang.

Oupa Piet Peperboom brom hy's oud en te gedaan

Die jolyt van die jeug staan hom tog glad nie aan.

In pienk-pers blommetjiesrok is tante Susie Sering

Kwistig met parfuum, soet die geur wat haar omring.

“Ek's lankal lus vir 'n lekker partie.” sê Karel Karee

en kry vroegtydig sy lyf reg met 'n knertsie of twee.

Die Seremoniemeester, hy's 'n kleinneef Adam Vy,

kla sy toespraak, klaar voorberei, kan hy nêrens kry.

Neef Stinkie Stinkhout sê:”Vat 'n stywe dop ou maat,

dan kom jou tong los en jy sal uit die vuis kan praat!”

Lina Swanepoel

 
   
Today, there have been 4 visitors (20 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free