oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Geen Akers vir dié Eekhorings

                         Geen Akkers vir dié  Eekhorings nie.

 

 

Die verlore generasie word hulle genoem.

 

Gekoester in die wieg van apartheid,

Wreed ontnugter in ‘n nuwe bestel,

Gedoem tot werklose hel.

Die sondes van die vaders word voor hul deur gelê

Daar is nog nie genoeg askies gesê.

Ons moet doen wat jy vra,

NUWE  SUID AFRIKA!

 

 

 

 

 

             Die Agtergeblewenes

 


Die agtergeblewenes word hulle genoem.

Kleur die enigste  riglyn vir klassifikasie.

Hoër geag as enige kwalifikasie

Waarop jy mag dink om te roem!

In die nuwe bestel duidelik nie agtergeblewe

As die welvaart uitdy in hul agterstewe!

 

 

          Regstellende aksie.

Regstellende aksie word dit genoem.

 

Soos diskrimenasie net strenger toegepas.

Swatrbemagtiging word ook nog bygelas.

Plekname word verander en monumente onteer.

Elke bastion word aangeval – ons het geen verweer

Apartheid ‘n handige verskoning 

Vir  onregmatige belonging

Skaamteloos en onverbloem.


 

            Die prys van Apartheid.

 

 

Met ‘n troosprys is hulle ontslaan.

 

 

Nie te sleg nie, of so het dit gelyk

Nou voer hulle ‘n sukkelbestaan.

Jy sien hul met gretige oë na jou kyk

By ‘n vlooimark-kraampie met handgemaakte ware,

Kompeteer met donker buurman  uit die Noorde

Sakke en skoene – vrypostig met sy toutjies hare.

Loop verby en sluk jou woorde!

 

 

           Totsiens Boetie!

 

 

Boetie het Border toe gegaan.

 

 

Op agtien moes hy sy man gaan staan.

Geglo hy veg vir Volk en Vaderland

Mammie bid vir beskerming van die Hoërhand.

Drie maande van hel in basies – drill met geweer.

Afgebreek, gebreinspoel en geindoktroneer

Weggevoer na wie weet waar

Sy voorland – vasbyt vir twee jaar.

Boetie onhou die twee jaar van hel

Miskien sal hy eendag daarvan vertel


Lina Swanepoel

 
   
Today, there have been 1 visitors (1 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free