oumalien
 
  Tuis
  => Antjie Somers
  => Arendsnes
  => Bosrympies
  => Draaie
  => Die Lentebruilof
  => Om te Dig...
  => Papegaai
  => Rally
  => Swannie se Box-en-Dice
  => Hikers Prayer
  => The Gems of Lady Grey
  => Onpaar
  => Passiespel in Lady Grey
  => Die Krismiskonsert
  => Rekenaar frustrasies
  => Die Bevoorregtes
  => Geen Akers vir dié Eekhorings
  => Febé se Tuin
  Kontak my
  Gaste se krap plekkie
  Gallery
Rally

Alles is in rep en roer by die hotel
Dis weer die Osram Rally my pêl.
Ons is slag gereed vir die opwinding.
Wat die manne elke jaar vir ons bring.

Die diensvoertuie kom eerste aan

dan die karre wat op dubbeldekker staan!
Almal in blou en groen, VW embleem
Ons kyk, al die informasie word ingeneem,

Dié een is Enzo Kuhn sin- ken hom al jare,

Hy's my gunstelimg – hy's knap en ervare!
Vrydag is die manne van vroeg aan die gang
hulle het gisteraand al begin om gees te vang.

Die karre word hoog opgejack en van onder bekyk

Tyres geruil, gepomp dan liefderyk bevoel en gestryk.
Elke motor word met sorg gepoets en blink gevryf
Jaloers beny ons vroue, die kar en wens dit was ons lyf!

Die enjins word geref – dis musiek in die manne se ore.

Hulle weet waarna om te luister, net vir hulle beskore'
Ons voel die vibrasie in ons lyf en ons tone krul
wat is dan mooier as'n warm enjin wat so kan brul!

Lina Swanepoel

 
   
Today, there have been 13 visitors (18 hits) on this page!
This website was created for free with Own-Free-Website.com. Would you also like to have your own website?
Sign up for free